Wolkskool icon

Wolkskool

Wolkskool
Free

About Wolkskool

Die Wolkskool is ‘n aanlyn leerplatform vir Gr. 1 - 12 leerders, met lesse in video-formaat, werkkaarte en assesserings wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot skoolonderrig kan deurwerk.



Die Wolkskool maak dit moontlik vir kinders om teen hul eie pas ʼn les weer en weer te kyk, tot hulle dit deeglik onder die knie het en bied ook ʼn assessering na elke les om kinders se kennis te toets. Ouers ontvang elke week ʼn verslag wat kinders se vordering bevat en ouers kan self ook na die video’s kyk om hul kind te kan bystaan met moeilike vrae.

Kinders, wat graag wil hersiening doen oor vorige jare se werk, kan maklik teruggaan en vorige grade deurgaan en wanneer ʼn kind goed vorder, kan hy/sy selfs na ʼn volgende graad gaan.

Wolkskool Screenshots